96.The Clot

  1. Lees in die Naam van u Heer, die Skepper
  2. wat die mens uit ’n bloeddruppel skep
  3. Lees, want u Heer is die mees Eerbiedwaardige
  4. wat deur middel van die pen onderrig
  5. die mens leer wat hy nie geken het nie
  6. Maar die mens is waarlik opstandig
  7. omdat hy homself onafhanklik ag
  8. Voorwaar, julle terugkeer is tot julle Heer
  9. Het u hom gesien, hy wat
  10. ’n dienaar belet om te bid
  11. Merk u dat hy die regte pad volg
  12. of dat hy godvresendheid gebied
  13. Merk u dat hy ontken en homself wegdraai
  14. Weet hy nie dat Allah alles sien nie
  15. Nee, as hy nie ophou nie, sal Ons hom by die kuif hare van sy voorhoof gryp
  16. die leuenagtige, sondige voorhoof
  17. Laat hy dan sy raadgewers byeenroep
  18. Ons sal ook Ons dapper weermag oproep
  19. Nee! Gehoorsam hóm nie, maar prostreer, en reik nader na Allah